BLSA: ‘Los Pravin, ondersoek GuptaLeaks’

Date: 06 September 2017 | Author: blsa-admin Category: News

Die sakeliggaam Business Leadership South Africa (BLSA) sê die nuus dat Pravin Gordhan, voormalige minster van finansies, opnuut deur die Valke ondersoek word, kwel hom.

Die ondersoek, wat nou al sedert verlede jaar opslae maak, handel oor Gordhan se tyd as kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomtsediens (SAID) en die spesialle ondersoekeenheid wat hy begin het. Dié eenheid het verende mense ondersoek om inkomtse van die belastinggaarder weg nie, maar gorddie eenheid op politici gespioeneer het.

BLSA sê die Valke en nasionale vervolgingsgesag (NVG) se ‘’vals klagte’’ is in 2016 teruggetrek, ‘’wat die vermoede skep dat dit politiek gemotiveerd was, waardeur openbare vertroue en sakevertrroue in dié kerninstellings van die staat ondermyn is’’.

BLSA sê die nuwe gerugte val saam met ‘’verrassende en onverklaarde’’ personeelskuiwe in die tesourie, ‘’wat die vrese oor verpolitisering van dié sleutelinstelling vererger’’.

Die tesourie het wel Maandag in ‘n verklaring gesê die skuiwe is sonder enige bymotiewe gedeon om ‘n situasie te vermy waar amptenare te lank in poste waarneem.’’

Een van die skuiwe wat die meeste aandag getrek het, is dat Schalk Human as waarnemende verkrygingshoof deur Willie Mathebula vervang is. Human het die tesourie se ondersoek oor Eskom se steenkoolmaatskappy Tegeta gelei. Human se eintlike pos is hoofdirekteur van aanvoerkettingbestuur in inlightingstegnologie.

BLSA doen ‘n beroep op die Valke om te bevestig of hulle Gordhan wel ondersoek. ‘’Hulle moet ook verklaar waarom hulle gekies het om te fokus op die voormalige minister te middle van ooglepende omvattende getuienis van korrupsie wat met die GuptaLeaks-e-posse verband hou, waaroor hulle nog geen sigbare optrede gedoen het nie’’. Die organisasie het onlangs aangekondig hy gaan nou aktief sy stem dik maak teen korrupsie, veral voor die ANC- leiersberaad in Desember, en ‘’gaan niemeer ordentlik wees nie’’.

Published in Beeld Sake 24